Kleredrag
KLEREBELEID
Januarie tot April en September tot November – Somersdrag
Mei tot Augustus – Wintersdrag
Skooldrag:
Somersdrag:Seuns
Kort khakie hemp en broek
Lang grys skoolkouse en swart skoene of kaalvoet.
In uitsonderlike gevalle:
( Slegs indien onderwyser/afrigter bepaal dat hele span dit dra )
Pietie gholfhempie en baggie broek of sweetpakbroek en tekkies
Somersdrag:Dogters
Skoolrokkie met kort wit kouse en swart skoene of kaalvoet.
In uitsonderlike gevalle:
( Slegs indien onderwyser/afrigter bepaal dat hele span dit dra )
Pietiegholfhemp en skoolsweetpakbroek of netbal-/hokkierompie met kouse en tekkies
Wintersdrag: Seuns
Skoolsweetpak met Pietiegholfhemp. Lang grys skoolkouse en tekkies.
Skooltrui of pullover opsioneel
OF
Khaki hemp en broek met lang grys skoolkouse en swart skoolskoene.
Skooltrui, pullover en sweetpaktop opsioneel
Wintersdrag: Dogters
Skoolsweetpak met Pietie gholfhemp,lang grys skoolkouse of wit skoolkouse met tekkies
Skooltrui of pullover opsioneel.
OF
Skoolrokkie met lang grys skoolkouse, skooltrui, pullover of sweetpaktop
Kleredrag tydens Beweging/Sportperiode
Tydens die dae wanneer die leerlinge Beweging of Sportperiode het, mag leerders ‘n Pietiegholfhempie en baggie broek aantrek in die plek van skooldrag. Indien ‘n leerling egter nie die korrekte drag het nie, trek hy/sy skooldrag aan en sal dan deur die betrokke onderwyser die geleentheid gegun word om te verklee voor die aktiwteit in aanvang neem. Let wel indien leerlinge nie korrek geklee by die skool opdaag nie sal sy/haar ouers geskakel word en die betrokke leerder sal huistoe gestuur word om die korrekte drag aan te gaan trek.
Rokke:
Roklengte – nie korter as 4 vingers bo die knie nie.
Slegs “navy hotpants” onder die rokke
Kouse:
Geen “secretsocks”
Wit omgevoude enkelsokkies
Wit/grys skoolkouse by skoolsweetpak
Naels:
Kort, skoon en netjies
Mag nie oor vingerpunte steek nie
Geen naelpolitoer nie
Skoene:
Slegs swart skoolskoene
Geen “sneakers”/platvorm skoene
Wit/navy tekkies by skoolsweetpak
Netheid
Juwele:
Slegs horlosies, seëlringe, oorbelle en allergiebandjies word toegelaat
Horlosies – geen armband of kralehorlosies nie (Leer-, plastiek-, goud- of silwerband horlosies)
Oorbelletjies: slegs ringetjies(10mm) of klein knoppies – goud of silwer
Slegs een oorbel per oor!
Geen ander rekkies om die arms nie.
Hare:
Dogters:
Netjies, skoon en gekam/geborsel
Geen kleur of sonstrepe – indien oortree het die leerling
5 dae tyd om die probleem reg te stel
Geen slierte, alles netjies weggebind en vasgesteek
Hare wat aan die onderpunt van die kraag raak is te lank – moet gesny word
Wanneer leerders skryf/werk mag die hare nie in die oë hang nie
Slegs navy, goud, silwer en bruin bykomstighede (geen “butterflies”)
LW! Leerders met kopluise word onmiddellik huis toe gestuur
Enige leerder wie se kleredrag en hare nie volgens die skool se voorskrifte is nie sal huistoe gestuur word.
Seuns:
Netjies, skoon en gekam.
Geen gel, waks of kleur.
Kuif wat in die oë hang moet gesny word.
Hare wat aan die ore/kraag raak moet gesny word.
Hare mag nie langer as 4 cm wees nie.
Hare wat regop staan is ontoelaatbaar.